Logo for BirdLife Northern Gauteng Redes om by BirdLife Gauteng-Noord
aan te sluit
Klub Voordele Oor Voëlkyk Komiteelede Klubprogram Nuus Voëlkykplekke TUIS

Sluit by 'n groep natuurliefhebbers aan!

Hoekom by BirdLife Gauteng-Noord aansluit? Sluit by 'n groep natuurliefhebbers en voëlkykers aan! BirdLife Gauteng-Noord is een van die aktiefste voëlklubs in Suider-Afrika, met meer as 700 lede. Nie alle voëlkykers of ander mense wat daarin belangstel om met hierdie wonderlike stokperdjie te begin, is egter lede nie. Ons voer dus graag 'n paar goeie redes aan om diegene te oortuig om by die klub aan te sluit!

As 'n lid het u die volgende voordele:

  • Ontvang Laniarius, ons eie klubtydskrif, wat nuus bevat oor voëlaktiwiteite in ons gebied, beskrywings van lede se voëlkykondervindings en verslae oor projekte wat plaasvind. Dit verskyn drie tot vier maal per jaar.
  • Ontvang kwartaalliks 'n program wat u inlig oor alle klubaktiwiteite wat voorlê.
  • Neem deel aan gereelde daguitstappies en kampe na interessante en uiteenlopende plekke waar ervare voëlkykers u sal help om die meeste uit u ekskursie te put.
  • Woon gereelde aandbyeenkomste by waar praatjies, videos en skyfievertonings aangebied word.
  • Sluit by klubaktiwiteite aan soos voëlberinging, voëlmonitering-/sensusprojekte, studies oor tuinvoëls, migrasie, verspreiding, broeigedrag en vele meer.
  • Verkry voëlkyktoebehore soos boeke, voëllyste, kaarte, kassette, CD's ens. teen voorkeurtariewe.
  • Belangrikste van alles, die geleentheid om betrokke te raak by die bewaring van voëls en hulle omgewing. Deur by die klub aan te sluit, dra u op twee maniere by tot die bewaring van voëls. Eerstens dra u ledegeld by wat vir vele verdienstelike navorsings- en bewaringsprojekte gaan, en tweedens verhoog u stem die kredietwaardigheid van BirdLife Suid-Afrika, as 'n organisasie wat beroepe kan doen aan die regering en besigheidsmense met die oog op die bewaring van ons voëls.
    • As jy werklik baie betrokke wil raag kan jy ook aan voëlberinging deelneem
    • Die klub het onlangs 'n nume elektroniese voël monitering projek genaamd PCC/BiG geloots. Dit stel lede instaat om minder bereikbare plekke te besoek en terselfde tyd baie waardevolle data te versamel.

   

Die Birdlife webwerf maak voorsiening om elektronies aansoek te doen vir lidmaatskap tot BirdLife Gauteng-Noord en BirdLife SA.

   Lidmaatskap van BirdLife Suid-Afrika

Lidmaatskap van 'n tak beteken dat u lid is van BirdLife Suid-Afrika. Die tak sien om na plaaslike sake en organiseer lesings, velduitstappies en ander ekskursies. Die sentrale kantoor sien om na administratiewe, nasionale en internasionale sake. As 'n lid van BirdLife is u geregtig om aktiwiteite by te woon wat deur hulle gereël word, en om die werk te ondersteun wat gedoen word vir die bewaring van voëls en hulle omgewing. Inligting oor BirdLife en sy aktiwiteite verskyn in die laaste agt bladsye van Africa Birds & Birding.

Club Benefits About Birding Contacts Events News Birding Spots HOME
Klub Voordele Oor Voëlkyk Komiteelede Klubprogram Nuus Voëlkykplekke TUIS
   © BirdLife Northern Gauteng - a proud member of the BirdLife family.