|
Voëlkykplekke - Vaalkopdam en Noordwes Voëlreservaat | |||||
| Klub Voordele | Oor Voëlkyk | Komiteelede | Klubprogram | Nuus | Voëlkykplekke | TUIS |
Voëls
Groot watervoëls wat gewoonlik teenwoordig is sluit Reuse -, Grootwit- en Rooireier, Nimmersat en Lepelaar in. Waterdikkop, Swartreier (somer), Groenrugreier, Kuifkopdobbertjie en Kaapse Slopeend kan ook gesien word. Waadvoëls (somer) sluit in Krombekstrandloper, Ringnekstrandkiewiet en soms Steenloper.
In die bosveld rondom die dam word Rooiborslaksman, Gebande Sanger, Koningblou- en Swartwangsysie, Kalahariwipstert en Kaapse Kapokvoël gevind. Somerbesoekers sluit in Spotvoël, Blouwangbyvreter, Bosveld- en Dwergvisvanger. Na goeie reëns is Bosveldlewerik baie opmerklik. Roofvoëls mag goed verteenwoordig wees en sluit in Vis-, Witkruis-, Bruin- en Grootjagarend. Visvalk word ook gereeld gesien.
Vaalkop Permitte is van Nick en Amy Bezuidenhout beskikbaar.
Tel 01211-771627 Cell 083 765 1704
| Club Benefits | About Birding | Contacts | Events | News | Birding Spots | HOME |
| Klub Voordele | Oor Voëlkyk | Komiteelede | Klubprogram | Nuus | Voëlkykplekke | TUIS |
| © BirdLife Northern Gauteng - a proud member of the BirdLife family. | ||||||